Jubilatè skoolwapen en leuse
GELOOF ONS ANKER
KENNIS ONS VLEUELS

Jubelatè rekenaar leersentrum
Waar skoolgaan 'n vreugde is


Jubilatè skoolwapen en leuse
GELOOF ONS ANKER
KENNIS ONS VLEUELS



 

Jubelatè is 'n privaat leersentrum gestig deur ouers wat bekommerd is oor die standaard van onderwys en die invloede waaraan ons kinders blootgestel word in staatskole.

Die sentrum volg die beproefde ou sillabus en die leerlinge word met behulp van rekenaarpakkete onderrig. Elke kind vorder teen sy eie tempo en probleme word onmiddelik aangespreek aangesien die kind deurlopend geëvalueer word. Leerlinge wat vinnig vorder het ook die geleentheid om additionele verreikende werk te doen.

Die leerling tot onderwyser verhouding word beperk tot 15, om te verseker dat elke kind die induviduele aandag kry wat hy verdien.

Jubelatè is geleë op 'n plot 5km suid van Brits en die skool kyk uit op die pragtige Magaliesberg. Die landelike atmosfeer gee aan die terrein 'n besondere rustige karakter en skep 'n omgewing waarin die kinders sonder onderbreking kan werk en speel.

Visie

Dit is die visie van ons skool om aan elke leerdling onderwys en opvoeding te gee in Afrikaans, volgens die hoogste norme en standaarde. Om alle moontlike belanghebbendes, insluitende die ouers, opvoeders en leerlinge, te betrek tot die totale opvoeding van elke kind tot eer van sy Skepper. Ons strewe is om ‘n gelukkige kind daar te stel en om van elke kind ‘n wenner in eie reg te maak.

Kontakbesonderhede

Telefoonno: 012 250 0189
e-pos adres: jubelate@myiafrica.com
Posadres:
Jubilate leersentrum
Posbus 4090
Brits
0250

Vir Jubelatè lede

Teken aan

 

Terug boontoe

Die Jubilate webwerf word instand gehou deur die leerlinge van die sentrum
jubelnet@myiafrica.com